top of page
AKADEMIE

Al die standaard laerskoolvakke word deur goed toegeruste leerkragte aangebied. Ons kry jaarliks baie positiewe terugvoer van ons leerders wat na naburige hoërskole gaan.

​

Leesafrigter:

Ons is baie bevoorreg om ‘n leesafrigter te hê wat die juniorfase leerders bystaan en spesiale aandag gee in leeswerk.

​

Rekenaarklasse:

Ons is in die bevoorregte posisie om 'n wel toegeruste rekenaarsentrum tot ons beskikking te hê. 'n Maksimum van 25 leerlinge kan per periode geakkommodeer word.  
Rekenaarklasse word aan alle leerlinge van Gr. R tot Gr. 7 aangebied.  Basiese rekenaarvaardighede (Microsoft Office), muisvaardighede, leesvaardighede asook wiskundige vaardighede word aangeleer en bemeester.

​

Olimpiades:

Daar word jaarliks aan verskillende olimpiades deelgeneem, bv. Conquesta, Wiskunde in Aksie en Mental Maths.

​

Redenaars:

Ons hou ons eie interne Afrikaans en Engelse redenaarskompetisies en neem deel aan die ATKV-redenaarskompetisie asook die Rocklands kompetisie.   

Ouers is ook welkom om hulle kinders persoonlik in te skryf vir die Radikale Redenaars wat jaarliks plaasvind.

​

Elke semester skryf ons ‘n algemene kennis toets en daar is jaarliks ‘n prys vir die beste skrywer in Afrikaans.

​

Akademiese reëls:

  1. Huiswerk moet gereeld en deeglik gedoen word.

  2. Alle boeke moet met sorg en respek hanteer word.

  3. Alle huiswerk moet in dagboeke aangeteken word en deur ouers gekontrolleer word.

dux.jpg
bottom of page