top of page

DINK & DOEN / NASORG

Dink & Doen is Laerskool Gamtoosvallei se kleuterskool en is geleë op die perseel van die laerskool.

​

Kinders vanaf 2 jaar oud kan inskryf. (Ons maak op sekere dae voorsiening vir doekdraertjies.  Kontak ons gerus hieroor).
Dink en Doen het 4 klasse wat onderskeidelik aandag bied vir Gr R, RR, 0 en die Peuters . Alle leerders moet stiptelik verbonde wees aan die tye. Neem in kennis dat Gr R volgens wet deel van die hoofstroomskool is en dus is stiptelikheid ‘n vereiste. Neem kennis daarvan dat die personeel 10 minute voor en na die tyd by die skooltjie is. Geen kinders mag vroeër afgelaai word indien daar nie reëlings met die personeel getref is nie.

​

Wat kleredrag betref moet leerders asseblief gemaklike klere aantrek wat vuil mag word. Merk ook asseblief die klere. Skoolsakke moet groot genoeg wees sodat skoene en kosblikke en 'n A4 boek daar kan inpas.

​

Belangrike inligting:

Skooltye (Al 4 kwartale): 07h45 tot 12h00 (Gr. R Begin dieselfde tyd as die hoofstroomskool).

​

Nasorg Fasilitiete:

Ons kinders se veiligheid is vir die skool baie belangrik. Daarom het ons  ’n bepaling  oor die behoefte aan voor- en nasorg by die skool gedoen en bevind dat daar ‘n geweldige behoefde aan beide is.

 

Die nasorgfassiliteit is vanaf 12:00 tot en met 17:00. Skoolgaande kinders sal gehelp word met tuiswerk, indien ouers dit so versoek.

​

Ons voorsien nie etes vir die kinders nie. Elke ouer is verantwoordelik om elke dag self vir u kind kos in te pak en koeldrank saam te stuur. Geen lekkernye word toegelaat nie. Slegs gesonde versnapperings soos toebroodjies, vrugtestafies, droë vrugte, soutbeskuitjies, joghurt, kaas, worsies ens. U is welkom om vir middagetes gekookte kos in te pak.

​

Laai gerus die aansoekvorm HIER af.

bottom of page