top of page
DSCF6173.jpg

Welkom by Laerskool Gamtoosvallei.

Kaalvoet skoolkinders, ritte op die sleepwa agter die trekker, die reuk van lemoenbloeisels en smaak van sappige sitrusvrugte, die Hanekamberg wat oor ons waak... dis mos waar ‘n kind wil skoolgaan!

​

Gammies is die tuiste van kinders wat sorgvry in die mooiste landskap hul vormingsjare deurbring.  Wat meer wil ‘n ouer hê as ‘n skool waar kinders gekoester en geliefd onderrig word!

​

Laerskool Gamtoosvallei  het van die talentvolste personeel met  ‘n aansteeklike passie vir hulle werk.   

​

In 2023 spog ons met 120 jaar op ons kerfstok en staan steeds sterk!

Die skool het ‘n ryk geskiedenis, vandat dit as ‘n moddersteen geboutjie begin het, en ontwikkel het tot ‘n volwaardige plattelandse skool met ‘n eie tradisie en trots.

​

Hier in die vrugbare Gamtoosvallei kweek ons veelsydig en standvastige jongmense - die vallei se kosbaarste uitvoerprodukte. 

bottom of page