top of page

SKOOLDRAG

Ons dra ons skooldrag met trots. Elke skool ontwikkel sy eie tradisies wat ‘n bepaalde beeld na buite uitstraal. ‘n Deel van hierdie beeld is die voorkoms van die leerders. Dit is hier waar skooldrag se waarde  ter sprake kom. Dit laat ‘n kind gouer deel van die skool voel. Dit wek skooltrots en ‘n gevoel van eiewaarde vanweë identifisering met die groep.

​

Ons skooldrag is te koop by die Patensie-tak van Kaap Agri.

​

Somersdrag:

DOGTERS

  •       Rok

  •       Windbreaker (opsioneel vir somer)

  •       Wit, kort kouse

  •       Swart skoolskoene of kaalvoet

  •       Vlootblou pantie/boxer broekie

  •       Wit, kort kouse kan by PEP of enige ander winkel soos bv Woolworths of Ackermans gekoop word.

Die vlootblou ”pantie”/boxer broekie kan ook by PEP of een van die ander winkels gekoop word.  Die vereiste vir die broekie is as volg: Die broekie moet vlootblou (navy) wees.  Dit mag nie ‘n lang “tight” wees wat halfpad oor die bobeen of tot by die knie kom nie. 

​

SEUNS

  •       Vlootblou kortbroek

  •       Blou kortmouhemp

  •       Windbreaker (opsioneel vir somer)

  •       Vlootblou kort kouse

  •       Swart skoolskoene of kaalvoet
     

Wintersdrag:

DOGTERS

  •       Rok

  •       Windbreaker (opsioneel vir somer)

  •       Vlootblou trui

  •       Vlootblou fleece

  •       Vlootblou lang wolkous (tight) of vlootblou kniekous

  •       Swart skoolskoene

  •       Vlootblou pantie/boxerbroekie

SEUNS

  •       Vlootblou lang- of kortbroek

  •       Blou lang- of kortmou wintershemp

  •       Windbreaker

  •       Vlootblou trui

  •       Vlootblou fleece

  •       Das slegs saam met toeknoophemp

  •       Vlootblou kort kous by langbroek of kniekous by kortbroek

  •       Swart skoolskoene
     

Sportdrag:

Leerders dra op Maandae en Woensdae hul sportklere.  Die sportperiode geskied tydens skoolure.
Geen skoolklere word tydens sportoefeninge gedra nie, aangesien dit verniel.  Sportklere kan 
nog steeds afsonderlik gekoop word by Coreen de Lange.  Sy kan gekontak word by 084 206 4450.

 

Atletiek: 
Byeenkoms: Atletiekbroekie en Hempie

Oefeninge: Atletiekbroekie en Hempie

 

Tennis:   
Wedstryde: Wit PT-Broek, Wit Gholfhemp en tekkies (Seuns)

Wit Gholfhemp, Wit tennisromp en tekkies (Dogters)

 

Rugby:     
Wedstryde: Vlootblou Rugbybroek, Rugbytrui deur skool verskaf

Oefening: Enige gemaklike hemp en vlootblou rugbybroek

 

Krieket:   
Wedstryde: Vlootblou atletiekbroekie, wit gholfhemp en tekkies

Oefening: Atletiekklere en tekkies

 

Slegs die sportsakke wat deur die skool verkoop word is toelaatbaar.

 

Tydens sportdae kan die skool se windbreaker gedra word met die skool se sweetpakbroek en tekkies.

 

Leerders mag hul provinsiale of sub-Unie drag op Vrydae skool toe dra.

bottom of page