BEHEERLIGGAAM & OOV
BEHEERLIGGAAM:
​
Die beheerliggaam bestuur en beheer Laerskool Gamtoosvallei (hierna “die skool”) as regspersoon in die ooreenstemming met die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet nr 84 van 1996) en die Oos-Kaap Skolewet (Wet nr 1 van 1999) en toepaslike regsreëls en bepalings, nasionale en provinsiale wetgewing en die bepalings van hierdie Grondwet.
​
Ons skool se Beheerliggaam (Verkies 2024):
-
​Grewar Oosthuizen
-
Jansie Both
-
Reynier Ferreira
-
Jeanita Bezuidenhout
-
Bianca van Niekerk
-
Sharon Grundling (Nie-Onderwyspersoneel)
-
Shaun Barnard (Onderwyspersoneel)
-
Yolande Wethmar (Onderwyspersoneel)
-
Christelle McCabe (Skoolhoof)
​
DIE OOV:
​
Die Ouer-Onderwysers-Vereniging bestaan uit ouers van leerders en opvoeders van die skool.
Die doelstelling van die OOV is tweeledig, naamlik, om ‘n gesonde verhouding en band tussen ouers en onderwysers te bevorder en tweedens, om fondse te genereer vir projekte waarvoor die skool geld nodig het.
Dis ook vir ons belangrik om ouers te kry om tot die skool by te dra, nie net finansieel nie, maar ook met hul tyd, talente en gawes.
​
Dit is vir kinders lekker om hulle ouers of voogde betrokke te sien by die skool. Dit maak hulle “deelnemers”.
Die Beheerliggaam van die skool stel elke jaar ‘n teikenbedrag vas waarvoor die OOV dan, in samewerking met die ouers, werk. Alle fondse word in die skool se bankrekening inbetaal. Ouers word op hoogte gehou van hoe die fondse aangewend word.
​
In 2024 het ons verskeie projekte aangepak. Ons begin met ons Kleure-atletiek en Valentynsdans in die eerste kwartaal. Ons Moedersdag- en Vadersdagprojekte was 'n groot sukses en sluit Kwartaal 2 af met ons jaarlikse Bulletjie' en Blommetjie Sportdag. Die interskole sportdag was soos gewoonlik een vir die boeke en ons was deel van die verkope tydens die jaarlikse Gamtoos Valley Half Maraton geleentheid in Kwartaal 3.
​
Die OOV het ook gedurende 2020 die skoolsnoepie oorgeneem.
​
Ons OOV – Span (2024):
-
Graad 1 : Shelly Rautenbach & Leandri Olivier
-
Graad 2 : Karen Potgieter, Karmen Barnard & Hanna-Mari Opperman
-
Graad 3 : Erika Nel, Driekie Steyn, Antoinette Vosloo & Melissa Steyn
-
Graad 4 : Doreen Pieters & Erica Nortjé
-
Graad 5 : Charmaine Rautenbach
-
Graad 6 : Juanita Vermaak (Bolla), Judy Schellingerhout & Jeanita Bezuidenhout
-
Graad 7 : Lizanne Rautenbach, Sulette van den Berg, Nomazizi Thube & Anneli Young
-
Onderwysers : Christelle McCabe & Wandie Calitz
​