top of page

BEHEERLIGGAAM & OOV

BEHEERLIGGAAM:

​

Die beheerliggaam bestuur en beheer Laerskool Gamtoosvallei (hierna “die skool”) as regspersoon in die ooreenstemming met die bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet nr 84 van 1996) en die Oos-Kaap Skolewet (Wet nr 1 van 1999) en toepaslike regsreëls en bepalings, nasionale en provinsiale wetgewing en die bepalings van hierdie Grondwet.

​

Ons skool se Beheerliggaam (Verkies 2024):

  • ​Grewar Oosthuizen

  • Jansie Both

  • Reynier Ferreira

  • Bianca van Niekerk

  • Jo-Heine Prins (verkies 2026)

  • Sharon Grundling (Nie-Onderwyspersoneel)

  • Shaun Barnard (Onderwyspersoneel)

  • Yolande Wethmar (Onderwyspersoneel)

  • Zirk Kemp (Skoolhoof)​
    ​

DIE OOV:

​

Die Ouer-Onderwysers-Vereniging bestaan uit ouers van leerders en opvoeders van die skool.

Die doelstelling van die OOV is tweeledig, naamlik, om ‘n gesonde verhouding en band tussen ouers en onderwysers te bevorder en tweedens, om fondse te genereer vir projekte waarvoor die skool geld nodig het.

Dis ook vir ons belangrik om ouers te kry om tot die skool by te dra, nie net finansieel nie, maar ook met hul tyd, talente en gawes.

​

Dit is vir kinders lekker om hulle ouers of voogde betrokke te sien by die skool.  Dit maak hulle “deelnemers”.

Die Beheerliggaam van die skool stel elke jaar ‘n teikenbedrag vas waarvoor die OOV dan, in samewerking met die ouers, werk. Alle fondse word in die skool se bankrekening inbetaal. Ouers word op hoogte gehou van hoe die fondse aangewend word.

​

Die OOV fondse wat ingesamel word, speel ’n hoofrol, nie net in ons begroting nie, maar vir die salarisse van ons 13 Beheerliggaam Personeel en vir die onderhoud van ons skool se geboue en terrein!

​

In 2025 het ons verskeie projekte aangepak.  Die jaar was propvol met Kleure-atletiek, Sone-atletiek, ons Borge-Weldoenersaand, Valentynsdag, Toffie-atletiek, Moedersdag, Bulletjie- & Blommetjie sportdag, ROCCO se vertoning, Vadersdag, die netbal- en tennisbane se opening, Wintersportdag, Farm Run, “6-a-side” kriekettoernooi, skoolkonsert, “Cupcakes for Cancer”, Borrels en Boerewalsdans, Prysuitdeling en dan ook ons daaglikse snoepie by die skool gedurende pousetyd.

​

Ons 2026 OOV-span:

  • Antoinette Vosloo (Voorsitster)

  • Wandie Calitz (Nie-onderwyspersoneel / finansies)

  • Charmaine Rautenbach

  • Christiaan Immelman

  • Doreen Pieters

  • Erica Nortje

  • Erika Nel

  • Hanna-Mari Opperman

  • Ilze du Preez

  • Ilze Oosthuizen

  • Leandri Olivier

  • Lizanne Rautenbach

  • Luané McLachlan

  • Marosel de Ridder

  • Melissa van Heerden-Human

  • Nadia Erasmus

  • Shelley Rautenbach

  • Simoné Smit

  • Tanya Pietersen

  • Belinda Smith

  • Samantha Linden

​

​​​

Laerskool Gamtoos Vallei Emblem (Hig Res).png

"Die grootste natuurlike hulpbron, is die gedagtes van ons kinders."
- Walt Disney

+27 42 283 0246     admin@lsgamtoos.co.za     Teddy Ferreiraweg, Patensie

ONS KLIM STEEDS

© 2026 gehou deur Anneli Young

bottom of page