top of page

SPORT

Somersport:

​

Atletiek:  
Velditems: Diskus, Spiesgooi, Gewigstoot, Verspring, Hoogspring.
Baanitems: Kortafstande, Langafstande en Hekkies.

Krieket: o/11 en o/13.

Mini-Krieket: o/6, o/7 en o/9.

Tennis: Ons het sterk tennisspanne vir beide dogters en seuns, asook 'n beginnergroep.

Buitemuurs: Judo, Gimnastiek

​

Wintersport:

​

Rugby: o/6 bulletjies, o/7, o/9, o/11, en o/13.

Mighty Kings / Netbal Divas: o/6, o/7, o/8 en o/9.

Netbal: o/6 blommetjies, o/7, o/8, o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13.

​

Die winterprogram word so uitgewerk sodat leerders nie hoef te kies tussen sportsoorte nie, maar aan beide kan deelneem.

​

Sportreëls:

  • Leerders moet alle oefeninge en sportbyeenkomste bywoon van sportsoorte waarvoor hulle aan die begin van die seisoen aangemeld het. Alle verskonings moet voor die tyd, persoonlik by die betrokke afrigter gemaak word. Indien meer as een oefening gemis gaan word, moet ‘n skriftelike verskoning ingedien word.

  • Geen fasiliteite of toerusting mag sonder toestemming en toesig gebruik word nie.

  • Deelname aan skoolsportsoorte moet voorkeur bo alle individuele privaat sportsoorte kry.

  • Leerders moet korrekte sportdrag en onderklere (veral die groter dogters) na byeenkomste en oefeninge dra.

  • Leerders moet een winter- en een somersport doen tensy 'n mediese sertifikaat gewys kan word.
     

Sportdrag:

  •       Bestaan uit ‘n sweetpak en die atletiekbroekie en hempie wat nog steeds afsonderlik gekoop word by Coreen de             Lange.  Sy kan gekontak word by 084 206 4450.

  •       Rugby- en netbalklere is by onderskeie afrigters beskikbaar.

  •       Indien u nog enige vrae het, is u welkom om ons skool te kontak.

​

Sien asseblief die volledige sportdragvereistes HIER

​

Sien ook asseblief die Skoolhoof se brief rakende die gebruik van alkohol op die skoolperseel, in ooreenstemming met die 2025 instruksie deur die Departement van Onderwys. â€‹â€‹

​

​

​

WhatsApp Image 2026-01-23 at 16.25.17.jpeg
WhatsApp Image 2026-01-23 at 16.26.05.jpeg

Ons leerders neem gereeld deel aan verskeie atletiekbyeenkomste en sportdae wat aangebied word in die omgewing en ons geniet ook self ons kleuresportgeleentheid, waar die jaarlikse kompetisie tussen die GROEN en ORANJE spanne groot is! 

​

2026 wenners:

​

Geesbeker:  GROEN

Atletiekbeker:  ORANJE

​

Ons deel ook graag ons 2026 kleure-atletiek rekords:

Kobus Ferreira:  S o/9 400m – 1:14,18s (1:17s – 2025)
Kobus Ferreira: S 0/9 60m – 9,40s (9,70s – 2006)
Juanel Vermaak:  D o/11 800m – 3:00,0s (3:08,5s – 2005)
Juanel Vermaak: D o/11 70mH – 14,40s (15,79s – 2023)
Emma Ferreira:  D o/11 70mH - verbeter ook die rekord - 15,70s
Jani Rautenbach:  D o/12 Gewigstoot – 9,41m (8,44m – 2023)
Jani Rautenbach: D o/12 Diskus – 26,50m (19,21m - 2023)
Elmoné van der Berg:  D o/13 Spiesgooi – 21,05m (18,53m - 2007)

 

​

Laerskool Gamtoos Vallei Emblem (Hig Res).png

"Die grootste natuurlike hulpbron, is die gedagtes van ons kinders."
- Walt Disney

+27 42 283 0246     admin@lsgamtoos.co.za     Teddy Ferreiraweg, Patensie

ONS KLIM STEEDS

© 2026 gehou deur Anneli Young

bottom of page