top of page

INLIGTING

Girl Holding BIble

VISIE & MISSIE

Visie:

Die skool streef daarna om die toekoms te antisipeer en vir die toekomstige gebeure gereed te maak.

Laerskool Gamtoosvallei sal hom voorberei om:

  • die invloed van verandering op ons gemeenskap en skool positief te benut.

  • effektiwiteit op alle gebiede na te streef.

  • die leerders so vroeg as moontlik toe te laat ten einde van meer waarde vir elke individu te wees.

  • die ontwikkeling van trotse en gebalanseerde leerders volgens Christelike waardes.

​

Missie:

Die skool streef deur sy bestuur, personeel en ouergemeenskap na die uitvoering van die visie op die volgende maniere:

  • om harmonie tussen leerders, fasiliteerders en die ouers van alle kultuurgroepe waaruit ons leerderskorps bestaan, aan te moedig.

  • om elke individuele leerder inklusief sy/haar potensiaal te laat bereik op akademiese en kulturele gebied asook fisieke ontwikkeling deur deelname aan beskikbare skoolsport.

  • om die beeld van die skool sodanig te bou, sodat voornemende ouers dit as ‘n noodsaaklike verlengstuk van die huis sal sien.

  • om elke leerder te leer om sy medemens en gemeenskap te respekteer en met die nodige eerbied te behandel.

  • om die skool en sy fasiliteite optimaal aan te wend en te bestuur.

  • om die skool as opvoedkundige instelling ‘n rol te laat speel in die gemeenskap met hulp en leiding waar nodig.

TOELATINGSVEREISTES

Hiermee onderneem ek om my op hoogte te hou van en my ten volle by die waardes, beginsels, lewensopvattinge en standaarde van hierdie skool neer te lê.

Die Laerskool Gamtoosvallei glo aan:

  • Christelik-gefundeerde opvoeding

  • Kulturele identiteit

  • ‘n Hoë akademiese standaard

  • Gesag en Dissipline

  • Harmonie in die opvoedingsgebeure

  • Die skoolgemeenskap wat funksioneer buite die politieke arena

  • Geen ontwrigting van die skoolgeboue of -terrein deur stakings of oproer deur leerders, hul ouers of iemand aan hulle verwant nie.

  • Ouers wat verplig word om die nasionale identiteitsdokument/ geboortesertifikaat vir vasstelling van die leerders se ouderdom met inskrywing van leerders voor te lê.

  • Sport word hoog aanbeveel en ‘n mediese sertifikaat word vereis vir vrystelling

  • Leerders moet hulle hou by die reëls en regulasies ten opsigte van kleredrag, hare, naels, algemene voorkoms en skoolreëls.

Art Class
Laptop and Phone

AANSOEKE & FOOIE

Skoolgelde:

​

Skoolgelde is volgens die Skolewet afdwingbaar op alle ouers wat nie kwalifiseer vir vrystelling nie. Skoolgelde word goedgekeur op die Begrotingsvergadering wat  jaarliks in November plaasvind. Skoolgelde is betaalbaar voor die einde van ‘n maand – vanaf Januarie tot Oktober.

​

Rente word gehef op agterstallige rekeninge.
Betalings kan geskied met kontant, internet oorbetaling (“EFT”) of per aftrekorder.

​

Aansoekvorms: 

​

Al die vorms moet voltooi en kan gefaks of gestuur word na:

Faks nr: 042 2830 992
E-pos: admin@lsgamtoos.co.za

​

Aansoekvorms HIER beskikbaar.

bottom of page