top of page

SKOOLLIED

LGV LOGO_edited.png

Skool van Patensie, voorwaarts en op,

Niks sal ons keer, geen teenstand ons klop.

Net soos die miere arbei en woel,

Neerlaag is moontlik, sukses is ons doel (x2)

​

Skool van Patensie, vorentoe beur,

Op moet ons klim, niks stel ons teleur.

Niks is onmoontlik vir die wat wil,

Strewe na sege, dit sal ons vervul. (x2)

​

Skool van Patensie, wakker en flink,

Steeds sal ons doel soos 'n ster voor ons blink.

Elk doen sy deeltjie, elk staan sy man,

Al kom daar teëspoed,

Ons wil, ons sal, ons kan. (x2)

​

ONS KAN!

Woorde deur H.L.F. Koch (oud-skoolhoof 1946 - 1960)

LGV SKOOLLIED
bottom of page