top of page
Holding Hands

GAMMIES BORGE

Ons skool is geleë in die pragtige Gamtoosvallei.  Ons was in 2023 'n volle 120 jaar oud. 
Ons is dankbaar dat ons skool vir meer as 120 jaar geleenthede kon bied vir die kinders van ons gemeenskap.

Gedurende die laaste finansiële jaar, het die Departement slegs 3% van ons uitgawes gedek.  Die res van ons inkomste is afkomstig van skoolfonds, ouerdonasies en skenkings deur die gemeenskap.
 
Die Departement betaal slegs 6 (insluitend die Skoolhoof en HOD) van ons onderwysposte, die Beheerraad betaal 'n verdere 12 poste om kwaliteit onderwys van 'n hoë gehalte te verseker. 

Dus maak ons staat op borgskappe wat help met finansiering om die beste moontlike geleenthede vir ons leerders te kan skep. 

​

Ons bied verskeie borgopsies waarby u betrokke kan raak.  Laai gerus die onderstaande vorms af en word deel van die Gammie-wenspan hier in ons mooie vallei.  Help ons om ons droom vir die skool te bewaarheid. 

​

Om te kan voortstreef met ons leuse en verder te bou op 120 jaar se geskiedenis en sukses.

​

- ONS KLIM STEEDS -

* HOOFBORG:  Beskikbaarheid onderhewig aan huidige hoofborg oorblywende termyn

borge 2024.png
Laerskool Gamtoos Vallei Emblem (Hig Res).png

"Die grootste natuurlike hulpbron, is die gedagtes van ons kinders."
- Walt Disney

+27 42 283 0246     admin@lsgamtoos.co.za     Teddy Ferreiraweg, Patensie

ONS KLIM STEEDS

© 2025 gehou deur Anneli Young

bottom of page