top of page

GEESTELIK

Kinderkrans:

​

Kinderkrans is waar ons speel-speel meer van die Here leer op so `n wyse wat aanklank vind by kinders, sodat hulle opgewonde raak om meer van die Here te leer.

 

Kinderkrans vind elke Vrydagoggend plaas en word vir elke graad aangebied deur ouers en vrywilligers in die gemeenskap.

​

Jesusdag:

Ons skool bied jaarliks 'n Jesusdag aan, gewoonlike gedurende die Paastyd, waar ons maats meer leer van die Bybel.  Ons ontvang ook 'n gemeente vanuit Port Elizabeth wat vir ons kinders 'n mooi boodskap kom deel.

​

Saalbyeenkomste en klasopening:

Ons open elke saalbyeenkoms op die gepaste wyse met 'n boodskap en gebed.  Ook aan die begin van elke dag word daar Bybel gelees in die verskeie klaskamers en met gebed geopen om die dag op te dra.  Alle vergaderings en funksies aangebied, word geopen met Skriflesing en gebed.

​

Kersspel: 

Ons skool bied jaarliks 'n Kersspel aan wat opgevoer word deur ons Graad 1 tot 3 leerders.  Alle leerders is betrokke.  Ons leerders tree ook gereeld in die kerk op, waar kore sing of sangitems gelewer word.  

bottom of page