
GEESTELIK
Kinderkrans:
​
Kinderkrans is waar ons speel-speel meer van die Here leer op so `n wyse wat aanklank vind by kinders, sodat hulle opgewonde raak om meer van die Here te leer.
Kinderkrans vind elke Vrydagoggend plaas en word vir elke graad aangebied deur ouers en vrywilligers uit die gemeenskap.
​
Ons Kinderkrans-tannies vir 2026:
Graad R: Tannie Liezel
Graad 1: Dominee Luané
Graad 2: Tannie Kayleen
Graad 3: Tannie Karen en Tannie Elmé
Graad 4: Tannie Shelley
Graad 5: Tannie Amaryne
Graad 6: Tannie Ilze
Graad 7: Tannie Mariëtte
​
​Saalbyeenkomste en klasopening:
Ons open elke saalbyeenkoms op die gepaste wyse met 'n boodskap en gebed. Ook aan die begin van elke dag word daar Bybel gelees in die verskeie klaskamers en met gebed geopen om die dag op te dra. Alle vergaderings en funksies aangebied, word geopen met Skriflesing en gebed.
​
Kersspel:
Ons skool bied jaarliks 'n Kersspel aan wat opgevoer word deur ons Graad 1 tot 3 leerders. Alle leerders is betrokke. Ons leerders tree ook gereeld in die kerk op, waar kore of sanggroepies sing of sangitems gelewer word.