top of page

EN NATUURLIK HOPE PRET...

ANNELI_0240.jpg

By Laerskool Gamtoosvallei glo ons in 'n gesonde balans tussen leer en pret.  Ons maak gereeld tyd om lekker te speel en ons buitelewe en pragtige vallei te geniet en waardeer.

​

Ons hou van speletjiesdae! Ons kinders het ook verskeie goeie klimrame en 'n lekker speelterrein waarop hulle kan klim en klouter tydens pouses.

Ons hou jaarliks 'n "funky socks" dag as fondsinsameling en ons maats geniet dit vreeslik om bietjie snaaks aan te trek.

​

Ons het ook al 'n "crazy hat" dag aangebied en almal doen moeite om hulle hoede pragtig en kreatief te versier.  So hou ons die gees onder die leerders aan die brand.

ANNELI_0236.jpg
ANNELI_0234.jpg

Elke graad kry een keer per jaar 'n geleentheid om 'n markdag te hou.  Ons maats verkoop allerlei lekkernye en speelgoed en alle fondse ingesamel, gaan direk aan die klas.  Ons gebruik daardie fondse om dinge beter te

88098547_2247479612221573_9201670477641154560_n.jpg

maak in die klaskamers en om beter leermateriaal aan te koop wat lesaanbiedinge lekkerder en meer pret maak.  

​

Ons wonderlike onderwyserspan is altyd betrokke by een of ander opwindende projek en trek ook soms lekker snaaks aan, tot groot vermaak van ons leerders.  

​

84597258_2225982434371291_7417055027203670016_n.jpg
118772580_2387005734935626_2390634620548134015_n (1).jpg
ANNELI_0462.jpg

Elke klasgroep gaan een keer per jaar op 'n uitstappie om meer te leer oor ons omgewing en om kennis op te bou oor die boerderyindustrie.  Ons kuier by pakhuise, vrugteplase en parke waar diere gerehabiliteer word. 

 

Ons leerders kry 'n geleentheid om self vrugte te pluk of groente te verpak en huis toe te neem.  So leer hulle wat die proses behels vanaf die plaas tot in die winkel.

​

Ons maats leer oor die brandweer en wat om in 'n noodgeval te doen wanneer iemand dalk seerkry. Ons leerders word alledaagse lekker dinge ook geleer, soos hoe om 'n roosterkoek of eierbrood te maak en hoe om 'n lekker vrugteslaai aanmekaar te slaan. 

 

Ons voel dit alles dra by tot die proses om gebalanseerde kinders die wêreld in te stuur.

bottom of page