
KULTUUR
Laerskool Gamtoosvallei is bekend vir uitstekende kulturele aktiwiteite waarmee ons poog om gebalanseerde kinders te vorm.
​​​
Konsert:
Elke 2 jaar hou die leerders van Gr 1 tot Gr 7 konsert. Almal in die skool neem deel deur middel van toneel, dans, mimiek en sang. Die hele jaar word daar hard geoefen en voorberei deur die personeel en leerders. Daar vind 'n oggendvertoning plaas wat dien as kleedrepetisie, asook aandvertonings vir ouers en spesiale gaste.​​
​
​
​
​
​
​
Kunsfees:
Ons neem elke Kunsfeesjaar tussen 50 en 80 leerders na die verskeie kunsfeeste wat plaasvind in Port Elizabeth, Humansdorp en Despatch. Ons leerders vaar ongelooflik goed en ontvang diplomas en sertifikate in verskeie afdelings van hierdie kompetisie.
​
Boekedag:
Ons hou jaarliks 'n boekedag om lees aan te moedig. Leerders trek aan soos hulle gunsteling boekkarakters en ons kry mense uit ons vallei om vir elke klas 'n boek te kom lees. ​​​​​​​​​​​​​
​

