top of page

DIE GAMMIES PERSONEEL

Akademiese Personeel

Administrasie

Nasorg

Terrein

Deur verskeie projekte en opleidingsgeleenthede het ons span nie net hul vaardighede versterk nie, maar ook hul verbondenheid aan mekaar en aan die skool se visie verdiep.

 

Ons personeel het met groot entoesiasme deelgeneem aan spanbou-aktiwiteite wat samewerking, kommunikasie en vertroue bevorder het. Hierdie geleenthede het nie net ons werksverhoudinge versterk nie, maar ook die gesamentlike doel beklemtoon: om elke leerder se potensiaal te ontwikkel.

 

Deur noodhulpklasse is personeel toegerus met praktiese kennis en selfvertroue om in noodgevalle op te tree – ’n waardevolle vaardigheid wat ons skoolgemeenskap veiliger maak.

 

Verskeie personeellede het ook brandbestrydersopleiding voltooi, wat hulle voorberei het om doeltreffend en kalm op te tree in geval van ’n brand of ander noodsituasie. Hierdie opleiding dra by tot die algemene veiligheid en paraatheid van ons skool en skakel in by ons noodplan.

 

Ons personeel was oor deurgaans betrokke by verskeie kursusse wat deur die Departement van Onderwys gereël word, soos die SASAMS platform, QMS, asook verskillende vak- en fasegerigte kursusse wat ondersteuning bied. Ons bied ook ‘n suksesvolle netbalvaardigheidskursus aan, waar leerders en onderwysers meer kon leer oor tegniek.

 

Hierdie opleidings bied waardevolle geleenthede vir professionele ontwikkeling en help onderwysers om op hoogte te bly van nuwe onderrigmetodes en beleidsveranderinge.

 

Verder het die deelname aan hoofdesimposiums deur meneer Kemp, waardevolle geleenthede gebied vir netwerkvorming, kennisdeling en strategiese beplanning. Hierdie samekomste het verseker dat ons leierskapspan op hoogte bly van die nuutste onderwysontwikkelings en -tendense.

 

Die sukses van hierdie jaar getuig van ’n span wat met toewyding, professionaliteit en samewerking werk om ons skool na nuwe hoogtes te lei.
 

Bron: Jaarverslag 2025 | Sien "Aflaaibare dokumente"

Laerskool Gamtoos Vallei Emblem (Hig Res).png

"Die grootste natuurlike hulpbron, is die gedagtes van ons kinders."
- Walt Disney

+27 42 283 0246     admin@lsgamtoos.co.za     Teddy Ferreiraweg, Patensie

ONS KLIM STEEDS

© 2026 gehou deur Anneli Young

bottom of page