top of page
Holding Hands

GAMMIES BORGE

Ons skool is geleë in die pragtige Gamtoosvallei.  Ons is in 2023 'n volle 120 jaar oud. 
Ons is dankbaar dat ons skool vir 120 jaar geleenthede kon bied vir die kinders van ons gemeenskap.

Gedurende die laaste finansiële jaar, het die Departement slegs 3% van ons uitgawes gedek.  Die res van ons inkomste is afkomstig van skoolfonds, ouerdonasies en skenkings deur die gemeenskap.
 
Die Departement betaal slegs 7 van ons onderwysposte, die Beheerraad betaal 'n verdere 12 poste om kwaliteit onderwys van 'n hoë gehalte te verseker. 

Dus maak ons staat op borgskappe wat help met finansiering om die beste moontlike geleenthede vir ons leerders te kan skep. 

​

Ons bied verskeie borgopsies waarby u betrokke kan raak.  Laai gerus die onderstaande vorms af en word deel van die Gammie-wenspan hier in ons mooie vallei.  Help ons om ons droom vir die skool te bewaarheid. 

​

Om te kan voortstreef met ons leuse en verder te bou op 120 jaar se geskiedenis en sukses.

​

- ONS KLIM STEEDS -

Ons sê baie dankie aan die 2023 borge wat reeds deel geword het van ons Gammie-span.

twente.png
nexus.png
bottom of page