
.png)
LAERSKOOL
GAMTOOSVALLEI
GHOLFDAG VEILING
Ons sien baie uit na ons jaarlikse gholfdag, eerskomende Saterdag, 8 Maart, by die Hankey gholfklub.
Hierdie is altyd 'n baie lekker geleentheid en een van die grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar.
Ons nooi u uit om gerus 'n draai te kom maak en te deel in die pret.
Ons sal oudergewoonte 'n lekker veiling aanbied, na afloop van die prysuitdeling en bedankings.
Die veiling is oop vir die publiek en ons vra u om dit asseblief te kom ondersteun.
Sien asseblief aangeheg die items wat hierdie jaar op veiling sal wees.
- 3l wyn (Fat Bastard) deur Foodzone
- Portret deur DM le Roux
- 2 plastiek plukkratte (bins) deur AgriMark
- 5 x 400m rolle driplyn deur Agriplas
- Diepsee-visvangdag deur Deon van Jaarsveld
- 18 gaatjies gholf deur St Francis Links
- 2 nagte met bed en ontbyt deur Supertubes Gastehuis
- 10 x rolle 50kg draad deur WireForce
- 1.5l Krone Cap Classique “Night Nectar” deur Hankey Tops
- ½ lam (verpak) deur #Gammie Ouers
Ons hoop om julle almal daar te sien!
#GammiesGholfdag #GammiesFondsinsameling #GammiesVeiling
2025 Veilingitems
Veiling is oop vir die publiek na afloop van die prysuitdeling en bedankings.









