top of page
IMG-20241119-WA0017.jpg

LAERSKOOL GAMTOOSVALLEI ONDERSTEUNERSKLUB

LGO LOGO.png

Die Laerskool Gamtoosvallei Ondersteunersklub

Die Laerskool Gamtoosvallei Ondersteunersklub is hier om ons Laerskool te ondersteun, vir die groei, trots en voortbestaan van 'n sterk, volhoubare skoolgemeenskap!

​

Hoe werk dit?

Wanneer jy aansluit by die Ondersteunersklub (LGO), dra jy by tot iets groter.  Alle fondse word in die LGO se bankrekening inbetaal en word gebruik om die skool te help met sy prioriteitslys - daar waar hulp die meeste nodig is.  Die koste per maand is R 90.

​

Wat wag in die toekoms?

Ons beplan opwindende voordele vir al ons ondersteuners, soos:

  • Ondersteunersklere en ander produkte,

  • Afslag op sekere items.

  • Gereelde opdaterings oor skoolnuus, uitslae en belangrike datums in die vorm van 'n maandelikse nuusbrief.

​

'n Duidelike en konstante "F.Y.I" - sodat jy altyd op hoogte bly!

​

Hoekom aansluit?

Deur deel te word van die LGO, help jy bou aan 'n sterk, volhoubare en trotse laerskoolgemeenskap - vir ons kinders, vandag, maar ook die generasies wat volg.

​

WORD VANDAG DEEL VAN DIE VERSKIL!
Volg die skakel na ons aansoekvorm, of voltooi die kontakvorm vir meer inligting.

​

Word deel van die LGO!

... of stuur vir ons 'n boodskap:

BAIE DANKIE VIR JOU BOODSKAP!

  • Facebook
  • Instagram

Volg gerus die #Gammies op sosiale media:  

Laerskool Gamtoos Vallei Emblem (Hig Res).png

"Die grootste natuurlike hulpbron, is die gedagtes van ons kinders."
- Walt Disney

+27 42 283 0246     admin@lsgamtoos.co.za     Teddy Ferreiraweg, Patensie

ONS KLIM STEEDS

© 2025 gehou deur Anneli Young

bottom of page